2982 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Meervoude, ens.

Infleksie is die proses waar 'n woord vervorm word, sonder dat 'n nuwe woord geskep word. 'n Geflekteerde woord is dus net 'n ander vorm van die woord. 

 

In Afrikaans het ons slegs 'n paar gevalle van infleksie:

  • Selfstandige naamwoord: meervoud (man word mans)
  • Selfstandige naamwoord: verkleining (man word mannetjie)
  • Byvoeglike naamwoord: attributiewe -e (interessant word interessante)
  • Byvoeglike naamwoord: trappe van vergelyking (mooi word mooier en mooiste)
  • Byvoeglike naamwoord: deelsgenitiewe -s (mooi word moois in iets moois)
  • Werkwoord: verlede tyd (speel word gespeel)
  • Werkwoord: deelwoord (speel word spelende of gespeelde)
  • Werkwoord: infinitiewe -e (eet word ete in iets te ete





  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties