13 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-11-2025 só ingevul:
’n Mens hoor gereeld van ........ aanvalle op immigrante in Suid-Afrika.
xenofobies xenofobiese zenofobies zenofobiese
Sommige vreemde woorde ("xenofobie") word gedeeltelik volgens ’n vreemde en verafrikaanste spelling gespel (AWS 18.4).
Sien ook die bladsy Tussenklas.
Vergeleke met 'n arend het 'n mossie baie klein ........ .
vlerkieë vlerkies vlerktjies vlertjiese
Woorde wat eindig op “f”, “g”, “k”, “p”, of “s” wat voorafgegaan word deur ʼn kort uitgespreekte “a”, “e”, “o” of “u”, kry ʼn “-ie” in die verkleiningsvorm, en die voorafgaande konsonant word verdubbel omdat dit dan in ʼn geslote lettergreep voorkom (AWS 15.2).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die ........ ná die Eerste Wêreldoorlog het talle sterftes veroorsaak.
Groot Griep grootgriep groot griep Grootgriep
Die name van belangrike historiese gebeure ("Groot Griep") word met hoofletters gespel (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Op ons dorp is daar verskeie ........ waar klip en sand uitgegrawe word.
quarries kwarries steungroewe steengroewe
Sommige vertalings is nie altyd voor die hand liggend nie. Die Afrikaans vir die Engelse woord "quarry" is "steengroef".
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)