21 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-02-2019 só ingevul:
Die onderwyser het die ........ mooi op haar plek gesit.
wys-neus wys neus wysneus wysnees
ʼn Samestelling ("wysneus") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("wys" en "neus") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
As jy nie jou vakke slaag ........ sal jy nie vir 'n beurs kan aansoek doen nie.
nie nie; nie, nie:
Kommas word gebruik tussen twee werkwoorde wat aparte werkwoordstukke of gesegdes vorm.
Sien ook die bladsy Komma.
Iemand wat 'n stommiteit begaan, noem ons 'n ........ .
Jan Salie Jan Kalbas Jan Burger Jan Pampoen
'n "Jan Pampoen" is 'n stommerik. 'n "Jan Salie" is 'n papbroek. 'n "Jan Kalbas" is 'n sukkelaar. 'n "Jan Burger" is die gewone burger.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Johanna Muller is 'n oudinwoner van die ........ in Potchefstroom.
strydomhuis of Strydomhuis Strydomhuis strydomhuis
Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van geboue, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)