4641 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-05-2019 (vlak 2)



vorige toets 23 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-05-2019 só ingevul:



Die belegging hou nie ........ met inflasie nie.


2 % (afgerond)trand
4 % (afgerond)trant
90 % (afgerond)tred 
4 % (afgerond)tret

Die uitdrukking "tred hou" beteken 'nie agter raak nie'; die woord "trant" beteken 'die manier waarop iets gedoen word'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Die Proteas het met 'n agterstand van 34 die ........ van Cook met die vierde bal van die tweede beurt verloor.


1 % (afgerond)paalkie
98 % (afgerond)paaltjie 
1 % (afgerond)paaldjie
paltjie

Naamwoorde wat op “l”, “n” of “r” eindig, voorafgegaan deur ’n tweeklank, [ә]-klank of lang vokaal, kry “-tjie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.6).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Ons sterrestelsel is deel van die ........ .


melk weg
Melk Weg
77 % (afgerond)Melkweg 
23 % (afgerond)melkweg

Die name van hemelliggame en sterrekundige stelsels ("Melkweg") begin met ʼn hoofletter (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Die welkome reën het die huis laat afkoel. Wat is die woordsoort van "afkoel" in bostaande sin?


12 % (afgerond)oorgangshoofwerkwoord
25 % (afgerond)onoorganklike hoofwerkwoord
57 % (afgerond)oorganklike hoofwerkwoord 
6 % (afgerond)gangbare hoofwerkwoord

In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties