3721 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-11-2019 (vlak 3)



vorige toets 18 NOV Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-11-2019 só ingevul:



Die kwessie van ........ in die Karoo maak mense warm onder die kraag.


8 % (afgerond)hidro-breking
91 % (afgerond)hidrobreking 
hidroe-breking
1 % (afgerond)hidroebreking

Die woorddeel "hidro-" in "hidrobreking" word sonder 'n "e" gespel. Dit is afkomstig van die Griekse woord "hudor" wat 'water' of 'vog' beteken. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




'n Harem is 'n versamelnaam vir 'n ........ van 'n sultan.


97 % (afgerond)groep vroue 
reeks geboue
2 % (afgerond)stel kamers
groep diere

'n Versamelnaam (of versamelwoord) is ’n selfstandige naamwoord wat ’n versameling dinge van dieselfde soort aandui.
Benamings vir 'n aantal gelyksoortige begrippe word ook dikwels gesien as versamelwoorde.
Sien ook die bladsy Versamelname.




Dit was so besig, daar was nie eers kans vir ........ nie.


15 % (afgerond)asem skep
asem-skep
85 % (afgerond)asemskep 

Wanneer 'n naamwoord plus 'n werkwoord betekenisverdigting ('n woordgroep wat met verloop van tyd 'n gespesialiseerde betekenis verkry het wat verskil van die oorspronklike groep) ondergaan het, word die verbinding vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




In musiek, waarvoor staan die afkorting "fff"?


4 % (afgerond)fortisisimo
19 % (afgerond)fortissimo
15 % (afgerond)fortississimo 
62 % (afgerond)fortefortissimo

"Fortississimo" is die oortreffende trap van "forte", wat 'hard' beteken.
'n Omvattende lys van afkortings en akronieme is beskikbaar by www.woordelys.co.za.
Sien ook die bladsy Afkortings.




TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties