01 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-03-2021 só ingevul:
Ja, swaer, dit gaan vanoggend maar so ........ .
hak en tak hak-en-tak hakentak hakkentak
Die woord "hak-en-tak" is 'n volksetimologiese vorm van die Nederlandse "hakketakken" wat 'twis' of 'kibbel' beteken. In Afrikaans kan dit ook beteken dat dinge nie voorspoedig verloop nie. Ons kan ook sê: "Hulle het gehak-en-tak" om te verwys na mense wat met mekaar gestry het.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Jy kan ........ tyd jou ouma besoek.
ter enige te enige te eniger ter eniger
Die vaste uitdrukking "te eniger tyd" beteken 'enige tyd'.
Sien ook die bladsy Kollokasies.
Die presidentskandidaat het die beoogde ........ die kern van sy veldtog gemaak.
Afstandsamestellings moet volgens die jongste AWS met ʼn koppelteken geskryf word. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“transpasifiese”) sou dit vas geskryf word as “12-nasievennootskap” (AWS 12.25).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die afkorting "do." staan vir ........ .
doktor doeane ditto dogtermaatskappy
Agterin die "Afrikaanse Woordelys en Spelreëls" verskyn 'n omvattende lys van afkortings en akronieme.
Sien ook die bladsy Afkortings.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)