25 MEI (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-05-2022 só ingevul:
Die baba het ʼn sagte ........ .
veltjie velletjie velkie velpie
Woorde wat op “l”, “m”, “n”, of “r” eindig, voorafgegaan deur 'n kort beklemtoonde vokaal [a, ε, ɔ, ә,] vorm die verkleiningsvorm met “-etjie”. Die slotkonsonant van die stam word verdubbel om die voorafgaande vokaal kort te hou. (AWS 15.7)
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Dit was die mooiste ........ wat ek nog gesien het!
fliek flick flik
In woorde van eg Afrikaanse herkoms skryf ons die [i]-klank met "ie" (AWS 16.7).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Hulle bou nou op die erf hier ........ .
langsan langaan langsaan langs aan
ʼn Samestelling ("langsaan") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("langs" en "aan") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Ons dorp gaan gebuk onder 'n ........ aan water.
gebreek gebrêk gebrek gebrëk
Die selfstandige naamwoord van die werkwoord "gebreek", is "gebrek" en kry geen skryftekens nie, omdat die klank nie gerek word nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)