28 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-03-2024 só ingevul:
Ek dink jou plan is ........ en gaan soos 'n bom werk.
magnifiek
magnifique
manjiefiek manjifiek
Die woord "manjifiek" is 'n verafrikaanste woord van die Franse 'magnifique' en beteken 'uitstekend'. (Bron: ATKV Spelathon)
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Die nuwe vliegtuig is toegerus met twee ........ ; een in eersteklas en een in besigheidsklas.
kroeë
kroë
kroeê
kroege
By naamwoorde wat oop “-eg”, “-ieg”, “og”, “oeg” en “oog” eindig, val die “g” weg en kry ’n “ë”, byvoorbeeld “weg – weë”, “vlieg – vlieë”, “oorlog – oorloë” (AWS 13.11).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
In 'n saamgestelde taalbenaming wat sonder 'n koppelteken vas geskryf word, begin slegs die samestelling met 'n hoofletter en nie ook die basiese taalbenaming nie.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.
Die hoof sal die pryse oorhandig. Wat is die woordsoort van "oorhandig" in bostaande sin?
In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die hoof oorhandig die pryse. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)