17 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-04-2024 só ingevul:
Jeanette het op die ........ by die stasie opgedaag en net-net die trein gehaal.
nipertjie nippertjie
nepperkie
nipperkie
Naamwoorde wat op “l”, “n” of “r” eindig, voorafgegaan deur ’n tweeklank, [ә]-klank of lang vokaal, kry “-tjie” in die verkleiningsvorm (AWS 15.6).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Sy sien altyd ........ in alles.
swaregheit swarigheid
swarigheit
swaregheid
Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Naweke is ek 'n ou regte ........ .
laat slaper
laat slaaper laatslaper
laat-slaper
Samestellende afleidings word vas geskryf en bestaan uit ʼn agtervoegsel (“-er”) wat ʼn woordgroep (“laat en slaap”) saambind.
Sien ook die bladsy Samestellende afleidings.
Die woord "maan" in die volgende twee sinne is ’n ........ . Juffrou maan ons elke dag om hard te werk. Hy het my die maan en die son en die sterre belowe.
homofoon homoniem
antoniem
sinoniem
ʼn Homoniem is ʼn woord wat dieselfde klink en dieselfde gespel word as ʼn ander woord, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "maan" (hemelliggaam) en "maan" (aandring).
Sien ook die bladsy Homonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)