4641 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 23-04-2019 (vlak 1)



vorige toets 23 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 23-04-2019 só ingevul:



Die korrekte plekke om die woord "derduisende" af te breek is ........ .


10 % (afgerond)der-duis-ende
8 % (afgerond)derduis-ende
82 % (afgerond)der-dui-sen-de 

Woorde word volgens lettergreepverdeling afgebreek, byvoorbeeld “der-dui-sen-de", "be-sproei-ing”; “kroeg-toon-bank”; “sit-ka-mer-stel”.
Sien ook die bladsy Woordafbreking.




Rhoda is ........ na die telefoonnommer van die bekende teler in Kaapstad.



43 % (afgerond)op soek 
2 % (afgerond)op-soek
2 % (afgerond)soek op
53 % (afgerond)opsoek

In die sin "op soek na" word "op soek" los geskryf; in die werkwoordvorm "ek moet iets opsoek" word dit vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Toe ons gaan stap het, het ons ’n ........ in die veld gesien.


9 % (afgerond)Rinkals
64 % (afgerond)rinkhals 
16 % (afgerond)Rinkhals
12 % (afgerond)rinkals

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Haar ........ is erger as haar byt.


89 % (afgerond)blaf 
7 % (afgerond)brul
3 % (afgerond)gif
1 % (afgerond)pik

Die uitdrukking "sy/haar blaf is erger as sy/haar byt", beteken ‘die persoon voer nooit sy/haar dreigemente uit nie’. Die Engelse weergawe van hierdie uitdrukking is, ‘his/her bark is worse than his/her bite’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties