23 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 23-04-2024 só ingevul:
Die baas se dogter het 'n geboortemerk op haar ........ .
wang'tjie wangetjie
wangekie
Woorde wat op "ng" in 'n beklemtoonde lettergreep eindig (soos woorde wat net uit een lettergreep bestaan), kry 'n verkleiningsvorm met "-etjie".
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Charmaine se baba is ........ gebore.
prematuur
premetier
prematier
premetuur
As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf sommige mense verkeerdelik "prematier" in plaas van die korrekte "prematuur".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Die sterre Procyon (α CMi, 0,38 mag) en Gomeisa (β CMi, 2,9 mag) vorm die ........ , wat in die noorderhemelruim te siene is.
klein hond
klein Hond
klein hondjie Klein Hond
Die name van hemelliggame en sterrekundige stelsels begin met ʼn hoofletter (AWS 9.9).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Insulien word deur die pankreas afgeskei. 'n Sinoniem vir die woord "pankreas" is ........ .
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. 'n Sinoniem vir "pankreas" is "alvleisklier". Die AWS erken ook die spelling "alvleesklier".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)