21 FEB (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-02-2019 só ingevul:
Marion vertel graag oor die tyd toe sy saam met haar broer ........ in Bolivië gaan soek het.
pekarisse pekaries pekaris pekari's
Woorde wat op "i", "o", "u" of 'n beklemtoonde "a" eindig kry 'n afkappingsteken wanneer hy as 'n meervoud gebruik word. Die pekari is 'n soort wildevark wat tussen Texas en Paraguay voorkom.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.
Dit is met ........ dat die nuwe titelhouer aangekondig word.
genoë genoee genoeë genoeg
Die deelteken word in sommige Afrikaanse simplekse en afleidings gebruik waarin daar twee of meer aangrensende vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort en wat uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort. Die deelteken dui hier die begin van 'n nuwe lettergreep aan.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Die maatskappy fokus veral op ........ .
huis- tot huisverkope huis tot huis-verkope huis tot huisverkope huis-tot-huis-verkope
Indien 'n woordgroep van drie of meer woorde wat op sigself nie gekoppel word nie, in 'n samestelling optree saam met 'n bykomende woord of woorde, word koppeltekens tussen al die samestellende dele van die oorspronklike woordgroep geskryf en word die bykomende woord met of sonder 'n koppelteken vas aan die res geskryf.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die sangeres wat die hoofrol in ʼn opera vertolk, is 'n ........ .
prima-donna priemadonna prima donna primadonna
Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)