18 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-03-2024 só ingevul:
........ is die eerste letter van die Griekse alfabet.
slegs Alva slegs Alfa
slegs Alpha
Alfa of Alpha
Verafrikaanste woorde is woorde wat uit ander tale opgeneem is in Afrikaans, maar wat net soos Afrikaanse woorde lyk en gebruik word.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.
Idioom: Leef in die land ........ .
Känaan Kanaän
Kanäan
Kanaan
As dit baie goed gaan met jou, sê ons in die idioom jy leef in die land Kanaän. Ons kan ook sê jy leef in die land van Kokanje, of in die land van melk en heuning. Die deelteken word op die derde "a" geskryf om die uitspraak korrek weer te gee.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Weens die staking het my pakkie glo in die ........ soek geraak.
ʼn Samestelling (“pakkettekantoor”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“pakkette” en “kantoor”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die akroniem vir die "Instituut vir Taal- en Kunstenavorsing" is ........ .
ITK INTAK
INSTK
IVTK
'n Akroniem is 'n tipe afkorting wat as 'n woord uitgespreek kan word.
Sien ook die bladsy Akronieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)