4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 10-01-2019 (vlak 3)



vorige toets 10 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 10-01-2019 só ingevul:



Al die deure is toe, maar hierdie een is ........ ; dit is gesluit.


3 % (afgerond)toër
58 % (afgerond)toeër 
39 % (afgerond)meer toe
meer toeër

Die meeste woorde in Afrikaans neem “-er” in die vergrotende trap en word nooit saam met “meer” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Ek het 'n ........ by die pandspel gekry.


2 % (afgerond)polveintjie
28 % (afgerond)polvyntjie
1 % (afgerond)polfeintjie
68 % (afgerond)polfyntjie 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”. Die woord "polfyntjie" is ietwat onbekend en beteken 'pand' by pandspeletjies, 'soort koekie' of 'nooientjie'.
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die skool is onlangs aangewys as een van die ........ .


23 % (afgerond)top openbare skole
8 % (afgerond)top-openbare-skole
17 % (afgerond)top- openbare skole 
51 % (afgerond)top openbare skole of top- openbare skole

Afstandsamestellings kan met of sonder ʼn koppelteken geskryf word. Wanneer die afstandsamestelling egter uit 'n woorddeel is soos "top-" of "reuse-" bestaan, wat nie as 'n byvoeglike naamwoord los geskryf kan word nie, is die koppelteken verpligtend. (AWS 12.25).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Afrikaans en Pedi word ontwikkel as ........ .


29 % (afgerond)vakgeleerdheidstale
61 % (afgerond)vaktale 
10 % (afgerond)tale van vakgeleerdheid

Die woord "vaktaal" verwys na die taal van ’n besondere vak of tegniese terme wat met een of meer bepaalde beroepe verband hou. Die woord "vakgeleerdheid" is die kennis wat 'n mens van 'n vak het, die taal is die medium vir daardie vakgeleerdheid.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
51% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties