4749 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 11-02-2019 (vlak 3)



vorige toets 11 FEB volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 11-02-2019 só ingevul:



Hoe goed is die ........ van hierdie kompleks?


5 % (afgerond)veiligheid
54 % (afgerond)veiligheid, sekerheid of sekuriteit 
1 % (afgerond)sekerheid
40 % (afgerond)sekuriteit

Die woorde "sekerheid" en
"veiligheid" en "sekuriteit" is almal sinonieme, hoewel sommige bronne 'n onderskeid maak tussen die betekenis van "sekerheid" en "sekuriteit".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Idioom: Goedkoop ........ is beter as 'n duur boodskap.


65 % (afgerond)ink 
3 % (afgerond)penne
2 % (afgerond)potlode
31 % (afgerond)papier

Die idioom "goedkoop ink is beter as 'n duur boodskap" beteken ''n skriftelike boodskap word nie so maklik verkeerd verstaan as 'n mondelinge boodskap nie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die druk in die ........ was te groot en het 'n ontploffing veroorsaak.


2 % (afgerond)vloeibare suurstof-tenk
16 % (afgerond)vloeibare suurstoftenk
2 % (afgerond)vloeibare suurstof tenk
80 % (afgerond)vloeibaresuurstoftenk  

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "vloeibare" + selfstandige naamwoord "suurstof") en ʼn selfstandige naamwoord "tenk". Indien 'n mens "vloeibare suurstoftenk" sou skryf, beteken dit dat die tenk vloeibaar is.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Die minister se motor is blink en swart.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort van "se" in bostaande sin?


4 % (afgerond)infinitiefpartikel
79 % (afgerond)besitspartikel 
1 % (afgerond)vergelykingspartikel
15 % (afgerond)skakelpartikel

Partikels word in verskeie subkategorieë verdeel waaronder:
ontkenningspartikel – tweede “nie”
besitspartikel – “se”
vergelykingspartikel – “so” en “soos”
skakelpartikel – van sit “en” staan kom niks gedaan.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties