3174 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 25 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 25-04-2024 só ingevul:



Die aand toe ek en my vriende in die begraafplaas gaan piekniek hou het, is maklik die ........ ding wat ek in my lewe gedoen het.


15 % (afgerond)slegs makaberste
5 % (afgerond)mees makabere of mees makaberste
77 % (afgerond)makaberste of mees makabere 
3 % (afgerond)slegs mees makaberste

"Makaber", "energiek" en "esteties" is soortgelyk wat betref hul oortreffende trap. Al drie kan vervoeg word deur 'n "-ste"-agtervoegsel, óf met "mees" en 'n "-e"-agtervoegsel.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Sommige mense gebruik ........ om bloeding te stop as hulle hul raak geskeer het.


4 % (afgerond)allein
23 % (afgerond)alluin
66 % (afgerond)aluin 
7 % (afgerond)alein

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “alein” in plaas van die korrekte “aluin”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Dis 'n volwaardige ........ wat op veiling is.


20 % (afgerond)stoet Jersey
5 % (afgerond)stoet jersey
26 % (afgerond)Stoetjersey of stoetjersey
49 % (afgerond)stoet-Jersey of stoetjersey 

In 'n eienaamverbinding wat optree as soortnaam en wat bestaan uit 'n nie-eienaamgedeelte ("stoet") gevolg deur 'n eienaamgedeelte ("Jersey"), word die nie-eienaamgedeelte met 'n koppelteken vas aan die eienaamgedeelte geskryf ("stoet-Jersey"). Indien eienaamverbleking plaasgevind het, kan die twee dele ook sonder koppelteken vas geskryf word ("stoetjersey").
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.




'n Sinoniem vir die woord "bysiende" is ........ .


25 % (afgerond)nabysiende
18 % (afgerond)biopies
52 % (afgerond)miopies 
5 % (afgerond)versiende

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "bysiende" is van Germaanse oorsprong; die woord "miopies" kom van die Griekse woorde "muo" wat 'toemaak' beteken, en "ops" wat 'oog' beteken. (Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties