3177 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 18-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 18 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 18-04-2024 só ingevul:



Die ........ het die woeste vlaktes probeer tem.



3 % (afgerond)slegs pioniere
68 % (afgerond)pioniers of pioniere 
28 % (afgerond)slegs pioniers
slegs pionierens

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, asook afleidings van “-aar”, “-aard”, “-êr”, “-erd” en “-ier” kry ’n “-s” in die meervoud. Die AWS erken egter ook die meervoudsvorm met 'n "-e".
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Belgrado is die hoofstad van ........ .


2 % (afgerond)Servia
10 % (afgerond)Serbië
88 % (afgerond)Serwië 
Serbia

Onder die invloed van Engels word "Serwië" dikwels verkeerdelik as "Serbië" uitgespreek. Hierdie klankverwarring word verder aangehelp deurdat beide die klanke [v] en [b] stemhebbend is en so te sê op dieselfde plek in die mond voortgebring word ([v] labio-dentaal en [b] bilabiaal). Hulle verskil slegs beduidend t.o.v. wyse van artikulasie, deurdat [v] 'n frikatief en [b] 'n eksplosief is.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die vliegtuig het in die moeilikheid beland toe 'n ........ ontplof het.


21 % (afgerond)lithiumbattery
6 % (afgerond)lithium battery
72 % (afgerond)litiumbattery 
2 % (afgerond)litiumbatery

ʼn Samestelling (“litiumbattery”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“litium” en “battery”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die streek het reeds gebaat by openbaresektorinvestering ten bedrae van R12 miljard asook beleggings uit die ........ .


49 % (afgerond)privaatsektor
4 % (afgerond)privatesektor
47 % (afgerond)privaat sektor 

Die woord "privaat" of "private" is 'n adjektief of byvoeglike naamwoord. Adjektiewe beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “privaat” sektor. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “privaat”, “meer privaat”, “die privaatste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
69% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties