3174 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 24 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-04-2024 só ingevul:



Die boemelaar het hom die onbewoonde plaashuis ........ .


1 % (afgerond)toege-eien
1 % (afgerond)toe-ge-eien
98 % (afgerond)toegeëien 

By afleidings of fleksievorme waar 'n opeenvolging van vokaalletters voorkom wat tot verskillende lettergrepe behoort, maar uitgespreek sou kon word asof hulle tot dieselfde lettergreep behoort, word die deelteken vir skeiding tussen die woorddele gebruik (bv. "toegeëien").
Die koppelteken word egter by samestellings gebruik waar so 'n opeenvolging van vokaalletters tussen die samestellende woorde voorkom (bv. "toe-eien"). (Bron: AWS 5.5)
Sien ook die bladsy Deelteken.




Die presidentskandidaat het die beoogde ........ die kern van sy veldtog gemaak.


54 % (afgerond)12-nasie- transpasifiese vennootskap 
18 % (afgerond)12-nasie-transpasifiese vennootskap
4 % (afgerond)12 nasie transpasifiese vennootskap
24 % (afgerond)12-nasie-transpasifiese-vennootskap

Afstandsamestellings moet volgens die jongste AWS met ʼn koppelteken geskryf word. Sonder die tussenkomende byvoeglike naamwoord (“transpasifiese”) sou dit vas geskryf word as “12-nasievennootskap” (AWS 12.25).
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Wat noem ons ʼn inwoner van Botswana?



41 % (afgerond)Batswana
15 % (afgerond)Botswaniër
6 % (afgerond)Botswanaër
38 % (afgerond)Botswana-inwoner 

Iemand wat van Botswana kom, word ʼn "Botswana-inwoner" genoem. In Tswana word ʼn lid van die Tswana-bevolkingsgroep ʼn "Motswana" (meervoud "Batswana") genoem. In die AWS is ʼn omvattende lys van buitelandse geografiese name met afleidings.

Sien ook die bladsy Persoonsname.




Dit is natuurlik ........ nie 'n probleem nie.


6 % (afgerond)opsig self
18 % (afgerond)op sig self
33 % (afgerond)opsigself
43 % (afgerond)op sigself 

"Sigself" is 'n wederkerende voornaamwoord, soos "homself" of "myself". Dit is egter geslagsneutraal en sou in kontekste soos die volgende gebruik kon word: "'n Gebruiker moet sigself vergewis van die bepalings en voorwaardes." Dit is egter meer gebruiklik in Afrikaans om te skryf: "'n Gebruiker moet homself...", aangesien die verstekgeslag in die Afrikaanse grammatika manlik is.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




TOTAALRESULTAAT:
58% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties