4954 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 25-03-2019 (vlak 2)



vorige toets 25 MRT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-03-2019 só ingevul:



Die dief het my handsak probeer gryp, maar ek het verbete daaraan vasgeklou.
Wat is die woordsoort van "verbete" in bostaande sin?


63 % (afgerond)bywoord 
5 % (afgerond)selfstandige naamwoord
2 % (afgerond)voornaamwoord
30 % (afgerond)byvoeglike naamwoord

'n Bywoord modifiseer die werkwoord of 'n byvoeglike naamwoord. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe het ek aan die handsak vasgeklou? Die antwoord: verbete.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Waarheen is Katryn-hulle? Hulle is ........ .


8 % (afgerond)soon toe
2 % (afgerond)soon-toe
88 % (afgerond)soontoe 
2 % (afgerond)soën toe

Verbindings van ’n bywoord plus "toe" word altyd vas geskryf (AWS 15.56).
Sien ook die bladsy Samestellings.




Vind asseblief die ........ tjek as blyke van dankbaarheid vir u diens.


100 % (afgerond)ingeslote  
ingesloot
ingeslode
ingeslood

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Sanet is só opgewonde, sy babbel ........ .


41 % (afgerond)land-en-sand
1 % (afgerond)sand-en-land
56 % (afgerond)land en sand 
2 % (afgerond)sand en land

Om "land en sand" te praat, beteken om aanmekaar, sonder ophou te praat.
Leer meer oor Afrikaanse idiome by http://www.gesegdes.co.za/idiome/idiome.html
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
77% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties