4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-12-2018 (vlak 1)



Geen vorige toets beskikbaar nie 17 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 17-12-2018 só ingevul:



ʼn ........ motors het in mekaar vasgery.


84 % (afgerond)Spul 
6 % (afgerond)Spel
10 % (afgerond)Spil

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "spil" wanneer hulle eintlik "spul" bedoel.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Die kat het ʼn dooie voël hier ........ .


4 % (afgerond)aan gebring
1 % (afgerond)geäanbring
geaanbring
95 % (afgerond)aangebring 

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.




Moenie so ongeskik met my wees nie. Jou ........ !


6 % (afgerond)Hierjy
16 % (afgerond)hier-jy
12 % (afgerond)hier jy
66 % (afgerond)hierjy 

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "hierjy", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Eina! Ek het my toon gestamp.
Op watter toon begin die musiekstuk?
Die woord "toon" in bostaande sinne is 'n ........ .


81 % (afgerond)homoniem 
16 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)poliseem
2 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “toon” (‘deel van 'n voet’) en “toon” (‘musieknoot’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties