4189 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-07-2019 (vlak 1)



vorige toets 22 JUL Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 22-07-2019 só ingevul:



Die leerder het maar ........ gevoel tussen al die onderwysers in die personeelkamer.


94 % (afgerond)uit 
3 % (afgerond)eit
3 % (afgerond)yt

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “eit” of “yt” in plaas van die korrekte “uit”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Die klip het teen die berg ........ en die pad versper.


12 % (afgerond)af gerol
87 % (afgerond)afgerol 
geafrol
geäfrol

Skeibare werkwoorde wat die hoofklem op die eerste lettergreep het, vorm die voltooide deelwoord met "-ge-" (AWS 17.2).
Sien ook die bladsy Deelwoorde.




........ weet nie of ek jou kan vertrou nie.


97 % (afgerond)Ek 
3 % (afgerond)Ek of ek
1 % (afgerond)ek

Die eerste woord van 'n sin begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Die woord "oor" in die volgende sinne is ’n ........ .
Gooi die laken oor die bed.
Ek het pyn in my oor.


6 % (afgerond)sinoniem
19 % (afgerond)homofoon
71 % (afgerond)homoniem 
3 % (afgerond)antoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "oor" (‘aan die bokant’) en "oor" (‘gehoororgaan’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties