4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-12-2018 (vlak 2)



vorige toets 19 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 19-12-2018 só ingevul:



Ek soek ........ gordyne om by die meubels te pas.


5 % (afgerond)granaat-rooi
92 % (afgerond)granaatrooi 
3 % (afgerond)granaat rooi
granat rooi

Kleuradjektiewe word los van selfstandige naamwoorde geskryf, behalwe in gevalle van samestellende samestellings of samestellende afleidings. As 'n item uit twee kleure bestaan, word die kleuradjektiewe met koppeltekens en 'n "en" geskryf, byvoorbeeld "swart-en-wit foto" of "blou-en-rooi rok". Skakerings word wel vas geskryf, soos "granaatrooi gordyne" of "grysblou lug".

Sien ook die bladsy Samestellings.




In die ........ wintermaande moet 'n mens versigtig op die paaie bestuur.


84 % (afgerond)nat, koue 
8 % (afgerond)nat, koue,
9 % (afgerond)nat koue,

'n Komma kom tussen twee byvoeglike naamwoorde wat die selfstandige naamwoord voorafgaan. Daar kom nie 'n komma tussen die selfstandige naamwoord "wintermaande" en die byvoeglike naamwoord "koue" wat die selfstandige naamwoord beskryf nie.
Sien ook die bladsy Komma.




Ons het 'n onafhanklike arbiter ingekry, maar hy kon geen hond ........ maak van die situasie nie.


78 % (afgerond)haaraf 
11 % (afgerond)haar af
1 % (afgerond)af haar
10 % (afgerond)haar-af

Die uitdrukking "dit maak nie hond haaraf nie", beteken 'dit het geen uitwerking nie'. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Daar was net 'n klein ........ waardeur die inbrekers die huis binnegekom het.


11 % (afgerond)openingtjie
74 % (afgerond)openinkie 
13 % (afgerond)openingkie
2 % (afgerond)openintjie

Die “-kie”-morfeem word net in verkleiningsvorme gebruik wanneer daar ʼn “ng”-klank aan die einde van ʼn meerlettergrepige woord voorkom; die “g” word dan vervang met “-kie”, byvoorbeeld “opening” word “openinkie”.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties