4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 19-12-2018 (vlak 3)



vorige toets 19 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 19-12-2018 só ingevul:



Die sebra-engelvis (só genoem weens sy ........ voorkoms), leef van plankton.


4 % (afgerond)slegs zebraägtige
17 % (afgerond)sebraägtige of zebra-agtige
12 % (afgerond)slegs sebraägtige
67 % (afgerond)sebraägtige of sebra-agtige 

Woorde wat op 'n "a" eindig en "–agtig" agterna het, kry 'n deelteken óf koppelteken.
(Bron: http://en.wikipedia.org/wiki/Genicanthus_caudovittatus)
Sien ook die bladsy Deelteken.




Die twee skole se ........ kom vanmiddag teen mekaar te staan in wat beloof om 'n titaniese stryd om die provinsiale beker te wees.


4 % (afgerond)onder 13 rugbyspanne
63 % (afgerond)onder 13-rugbyspanne  
34 % (afgerond)onder-13-rugbyspanne

Wanneer die bepaler van 'n samestelling bestaan uit 'n woord of afkorting gevolg deur 'n syfer of simbool, word die woord of afkorting in die bepaler los van die syfer of simbool geskryf. Ander voorbeelde: "art. 21-maatskappy", "tipe A-persoonlikheid" en "vitamien E-tekort".
(Bron: AWS 7.2)
Sien ook die bladsy Samestellings.




ʼn Beunhaas is ........ .



66 % (afgerond)iemand wat nie weet wat hy doen nie, ʼn knoeier 
18 % (afgerond)ʼn tengerige adolessent
9 % (afgerond)ʼn haassoort wat slegs in die Klein-Karoo voorkom
6 % (afgerond)ʼn tradisionele gereg van haasvleis

Die woord "beunhaas" verwys na iemand wat knoei met handewerk, of onbekwaam is. In die sewentiende eeu het die woord "bönhase" verwys na ʼn handwerker wat nie aan ʼn gilde behoort nie. Dit was dikwels kleremakers wat onwettig op ʼn solder ("böne") gewerk het. (Bron: Etymologisch Woordenboek van het Nederlands)

Sien ook die bladsy Persoonsname.




Vele staatsamptenare word ........ vervroegde pensioen gestel.



48 % (afgerond)met
2 % (afgerond)aan
47 % (afgerond)op  
3 % (afgerond)in

Iemand word OP pensioen gestel, en hy/sy is dan OP/MET pensioen. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Kollokasies.




TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties