4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 20-12-2018 (vlak 1)



vorige toets 20 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-12-2018 só ingevul:



Die hoër olieprys laat boere se ........ styg.


1 % (afgerond)insit-koste
7 % (afgerond)insitkoste
86 % (afgerond)insetkoste 
6 % (afgerond)inset koste

ʼn Samestelling ("insetkoste") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("inset" en "koste") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die witkopaasvoël (geklassifiseer deur die IUBN as 'n kwesbare spesie) is 'n aasvoël wat endemies ........ aan Afrika is.


6 % (afgerond)"inheems"
46 % (afgerond)(inheems) 
45 % (afgerond)inheems
3 % (afgerond)'inheems'

Ons plaas woorde tussen hakies om iets te verduidelik, as dit 'n vertaling is, of as ons 'n wisselvorm wil aandui.
(Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Witkopaasvo%C3%ABl)
Sien ook die bladsy Hakies.




Ek het griep gehad, maar ek voel nou weer ........ .


95 % (afgerond)perdfris 
perd vris
1 % (afgerond)perd fris
4 % (afgerond)perdvris

Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde wat ʼn versterkende betekenis aan die stam gee en word vas geskryf ("perdfris") behalwe "wawyd oop". Kyk ook: https://af.wikipedia.org/wiki/Intensiewe.
Sien ook die bladsy Intensiewe vorme.




........ Andrew ook daar is, sal ek bly wees.


1 % (afgerond)as
87 % (afgerond)As 
12 % (afgerond)Als
als

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord " ʼn" begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.




TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties