4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-12-2018 (vlak 1)



vorige toets 21 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 21-12-2018 só ingevul:



Protestantse kerke sing hoofsaaklik psalms en ........ .


99 % (afgerond)gesange 
1 % (afgerond)gesinge
1 % (afgerond)gesonge

’n Sinoniem vir ’n kerklied is ’n "gesang"; die verlede tyd van "sing" is "gesing"; die meervoud van gesang is "gesange".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Meneer Williams is ’n ........ ingenieur.


3 % (afgerond)sifiele
2 % (afgerond)sifiel
16 % (afgerond)siviel
80 % (afgerond)siviele 

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("siviel"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




As kind moes ek vinnig hardloop as die ganse ........ en my jaag.


10 % (afgerond)krys
80 % (afgerond)blaas 
3 % (afgerond)sis
7 % (afgerond)kekkel

'n Gans blaas, snater of gaggel.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.




Die kwaai vrou het haar man 'n klap deur sy gesig gegee.
Wat is die woordsoort van "klap" in bostaande sin?



2 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
51 % (afgerond)werkwoord
2 % (afgerond)bywoord
45 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

’n Selfstandige naamwoord verwys na ’n persoon, plek of saak. ’n Mens kan dit gewoonlik uitken deurdat ’n mens ’n lidwoord (“’n” of “die”) voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het. Byvoorbeeld, “klap - die klap - klappe”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties