4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 21-12-2018 (vlak 2)



vorige toets 21 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 21-12-2018 só ingevul:



Die volk ........ onder die ystergreep van die diktator.


lui
94 % (afgerond)ly 
6 % (afgerond)lei

Die woorde “lei” en “ly” is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het.
Sien ook die bladsy Homofone.




Idioom: 'n Klein ........ met 'n groot kop.


12 % (afgerond)jukskytjie
85 % (afgerond)jukskeitjie 
1 % (afgerond)jikskytjie
2 % (afgerond)jikskuitjie

Ons verwys in die idioom na iemand of iets wat jy oral kan gebruik as ʼn klein jukskeitjie met ʼn groot kop.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Jy's mos nou ’n ........ ; jy moet van beter weet.


96 % (afgerond)grootmens 
3 % (afgerond)groot mens
grote mens
groot-mens

Byvoeglike naamwoorde (soos "groot") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "mens") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




'n Ander woord vir 'n kinderarts is 'n ........ .


100 % (afgerond)pediater 
dermatoloog
chirurg
patoloog

'n Sinoniem vir "dermatoloog" is "velspesialis", 'n sinoniem vir "chirurg" is "snydokter", 'n sinoniem vir "patoloog" is "siektekundige".
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties