4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-12-2018 (vlak 1)



vorige toets 24 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 24-12-2018 só ingevul:



Die herstel in die land se ekonomie is bewys dat dit ........ het en krisisse kan oorkom.



97 % (afgerond)veerkrag 
feërkrag
3 % (afgerond)veërkrag
feerkrag

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die onverantwoordelike ouers het hul kinders ........ .


1 % (afgerond)geverwaarloos
1 % (afgerond)vergewaarloos
98 % (afgerond)verwaarloos 

Woorde wat met “be-”, “ge-”, “her-”, “er-”, “ont-” en “ver-” begin, kry nie ʼn “ge-” in die verlede tyd of verboë vorm nie.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Liesel ........ inspireer vele vroue om voluit te leef.


88 % (afgerond)Krause-Wiid 
1 % (afgerond)Krause-wiid
11 % (afgerond)Krausewiid

By dubbelloopname en -vanne, dit wil sê name en vanne wat bestaan uit twee dele wat met 'n koppelteken verbind word, begin elke deel van die gekoppelde voornaam of van gewoonlik met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




Antonieme is woorde wat ........ betekenisse het.


94 % (afgerond)teenoorgestelde 
6 % (afgerond)dieselfde

Antonieme is slegs van toepassing op die betekenis van woorde en nie die werklike konsepte wat die woorde onderlê nie. Voorbeelde van antonieme sluit in:
"opgewek" teenoor "neerslagtig", "hartseer" of "treurig";
"flink" teenoor "dooierig", "lusteloos" of "lui".
Sien ook die bladsy Antonieme.




TOTAALRESULTAAT:
94% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties