4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-12-2018 (vlak 3)



vorige toets 24 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-12-2018 só ingevul:



'n Jong geestelike wat 'n biskop in die Rooms-Katoliek Kerk bystaan, noem ons 'n ........ .


80 % (afgerond)akoliet 
4 % (afgerond)akeliet
15 % (afgerond)akkoliet
1 % (afgerond)akkeliet

Soms word woorde van vreemde herkoms net gedeeltelik verafrikaans, byvoorbeeld “akoliet”, “hidroulies” en “kwadrupleeg”.
Die woord "akoliet" kom uit Grieks "akolouthos" wat 'volgeling' beteken.
Sien ook die bladsy Tussenklas.




Ons sal ʼn plan moet maak om die ........ wattelbome in die kloof uit te roei.



1 % (afgerond)vloot
37 % (afgerond)kolonie 
36 % (afgerond)klomp
26 % (afgerond)oerwoud

ʼn Versameling indringerplante word ʼn "kolonie" genoem. (Bron: WAT)

Sien ook die bladsy Versamelname.




Ons moet ........ huis toe voor ons natreën.


1 % (afgerond)voet-slaan
2 % (afgerond)voet slaan
foetslaan
97 % (afgerond)voetslaan 

ʼn Samestelling ("oogarts") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("voet" en "slaan") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die finale episode word vanaand uitgesaai.
Die woord "finale" in bostaande sin is 'n voorbeeld van 'n ........ .


7 % (afgerond)eindpartikel
78 % (afgerond)attributiewe adjektief 
1 % (afgerond)persoonlike voornaamwoord
13 % (afgerond)bywoord van wyse

'n Attributiewe adjektief staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n finale episode”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die uitspraak is finaal".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties