In ’n sin met ’n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Die voorsitter het die twee partye ontwapen. ’n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Die siekte waaraan Stephen Hawking en Joost van der Westhuizen gely het, staan bekend as ........ .
motorneuronsiekte
motor-neuronsiekte
motor neuronsiekte
motor neuron siekte
ʼn Samestelling (“motorneuronsiekte”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“motor”, “neuron” en “siekte”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Henriette het gesê sy gaan ........ van room en sjokolade vir die partytjie maak.
horingkies horinkies
horingtjies
horingetjies
Die “-kie”-morfeem word net in verkleiningsvorme gebruik wanneer daar ʼn “ng”-klank aan die einde van ʼn meerlettergrepige woord voorkom; die “g” word dan vervang met “-kie”, byvoorbeeld “horing” word “horinkie”.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)