4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-12-2018 (vlak 1)



vorige toets 26 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 26-12-2018 só ingevul:



Weens al die ongelukke op die land se paaie tydens die vakansie was daar verskeie ........ langs die pad.


98 % (afgerond)wrakke 
1 % (afgerond)wraks
1 % (afgerond)wrakkens

Naamwoorde wat op "b", "d", "f", "g", "k", "p", "s" en "t" eindig, kry ʼn "-e" in die meervoudsvorm (AWS 13.1).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




Die aanhoudende gewaai van die wind maak my ........ .


1 % (afgerond)bedrik
99 % (afgerond)bedruk 
bidrik
budruk

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "bedrik" in plaas van die korrekte "bedruk".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Toe ek klaar TV gekyk het, het ek gaan ........ .


2 % (afgerond)in kruip
2 % (afgerond)inkryp
1 % (afgerond)in kryp
96 % (afgerond)inkruip 

Skakelwerkwoorde (soos "begin", "bly", "gaan", "help", "hoor", "kom", "leer", "ophou", "probeer", "sien" en "voel") staan gewoonlik voor ʼn ander werkwoord. In die verlede tyd kry die werkwoord nie "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Toe ek in Frankryk was, het ek vir my ’n ........ op die plein voor die Louvre gekoop.


90 % (afgerond)baret 
bary
4 % (afgerond)barei
5 % (afgerond)berei

Vreemde woorde ("baret") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




TOTAALRESULTAAT:
96% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties