4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-12-2018 (vlak 2)



vorige toets 26 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 26-12-2018 só ingevul:



Steve het gelukkig 'n mediese fonds, daarom kan hy na 'n ........ toe gaan.


1 % (afgerond)slegs privaat-hospitaal
37 % (afgerond)slegs privaathospitaal
52 % (afgerond)privaat hospitaal of privaathospitaal
10 % (afgerond)slegs privaat hospitaal 

Die woorde "privaat" of "private" is byvoeglike naamwoorde en vorm dus met 'n enkele selfstandige naamwoord nie 'n samestelling nie, byvoorbeeld "privaat hospitaal", "privaat skool", "privaat sak". Die woord "privaatreg" is egter 'n uitsondering.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Gustav, kan jy vir my die woord "enigma" ........ ?


66 % (afgerond)definieer 
32 % (afgerond)definiëer
definier
2 % (afgerond)definiër

Woorde wat op “-ieel”, “-ieer” en “-ieet” eindig, kry nie ’n deelteken nie (AWS 5.2).
Sien ook die bladsy Deelteken.




Idioom: Alles in my groentetuin groei so welig, dat ek my wil verstout deur te sê ek het ........ .


65 % (afgerond)groenvingers
7 % (afgerond)'n groeihand 
27 % (afgerond)groen vingers
2 % (afgerond)groeivingers

Iemand wat baie suksesvol is met alles wat hy plant, het 'n groeihand.
Ons Engelse vriende het "green fingers".
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die Wêreldhandelsentrum waarin die twee vliegtuie vasgevlieg het, was in ........ .


Nu Jork
98 % (afgerond)New York 
Nieuw-York
2 % (afgerond)Nieu-York

Sommige geografiese name bestaan uit twee of meer los geskrewe dele. Elke deel van die naam begin dan met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
45% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties