4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 26-12-2018 (vlak 3)



vorige toets 26 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 26-12-2018 só ingevul:



"As jy nie nóú ophou nie, wiks ek jou boude ........ dreig Ouma.


12 % (afgerond)!,"
29 % (afgerond)!" 
5 % (afgerond)"!,
54 % (afgerond)!",

Leestekens wat deel uitmaak van 'n aangehaalde sin, kom binne die aanhalingstekens, sonder spasies.
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.




Die ........ is verantwoordelik vir verlof en nuwe aanstellings.


1 % (afgerond)menslike hulpbron bestuurder
90 %menslikehulpbronbestuurder 
7 % (afgerond)menslike hulpbronbestuurder
2 % (afgerond)menslike hulpbron-bestuurder

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "menslike" + selfstandige naamwoord "hulpbron") en ʼn selfstandige naamwoord "bestuurder".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Tannie Poppie is 'n regte ........ ; op 75 klim sy nog die koppies uit om die bokke aan te jaag.


3 % (afgerond)Kanniedood
96 % (afgerond)kanniedood 
1 % (afgerond)Kan-nie-dood
kan nie dood

ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “kanniedood”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.




Ons moet maar versigtig wees vir Pieter met al sy gevaarlike opmerkings; hy is 'n regte ........ .


33 % (afgerond)ongeleide missiel
40 % (afgerond)los kanon 
16 % (afgerond)loskannon
11 % (afgerond)los kannon

Die Engelse "loose canon" word dikwels in Afrikaans verkeerd vertaal met "ongeleide missiel" om na 'n onverantwoordelike of onvoorspelbare persoon te verwys. Ander vertalings sluit in 'jukskeibreker, bul in 'n glashuis/-kas, aap in 'n porseleinkas'.
Die term "los kanon" word in militêre kringe gebruik om te verwys na 'n artilleriekanon wat deur moedswilligheid of onkunde van die persoon in bevel 'n skoot, patroon of ogief-vormige projektiel op 'n verkeerde teiken vuur, in teenstelling met 'n battery kanonne wat gekoördineerd na 'n teiken vuur.
In militêre vaktaal word 'n missiel van ‘n kanonprojektiel geskei. 'n Missiel word afgevuur deur 'n missiellanseerder wat dikwels daarna deur 'n elektroniese sein of hittesoekende sensor gestuur of "gelei" word na 'n teiken. Dit is dan 'n geleide missiel. 'n Ongeleide missiel is iets soos die bekende Stalin-orrel se missiel wat bloot deur die lanseerpyp(e) afgevuur word, sonder verdere "leiding" of stuurmeganisme.
Let op dat die Engelse "cannon" in Afrikaans slegs met een "n" geskryf word: "kanon".
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
64% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties