4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-12-2018 (vlak 2)



vorige toets 28 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 28-12-2018 só ingevul:



Die SAUK het ʼn ........ om in Suid-Afrika uit te saai.



6 % (afgerond)mandaad
mandate
mandad
94 % (afgerond)mandaat 

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute wanneer twee letters dieselfde uitgespreek word in Afrikaans. Twee letters wat dikwels verwar word, is "d" en "t".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Idioom: Iemand op sy ........ gee.


tong
9 % (afgerond)neus
89 % (afgerond)herrie 
2 % (afgerond)wang

Die uitdrukking "iemand op sy herrie gee", beteken 'vir iemand 'n pak slae gee'. Dit is 'n versagtende uitdrukking vir "iemand hel gee".
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die ........ was geskok oor die hofuitspraak.


16 % (afgerond)ter dood veroordeelde
68 % (afgerond)terdoodveroordeelde 
4 % (afgerond)terdood veroordeelde
12 % (afgerond)ter doodveroordeelde

Samestellende afleidings bestaan uit 'n agtervoegsel (die "-de") wat 'n woordgroep ("ter dood veroordeel") saambind tot een woord. Die woord word dan vas geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Die ........ van sekere gebiede is waardevol en moet so min as moontlik versteur word.


ekologi
1 % (afgerond)ekkologie
99 % (afgerond)ekologie 

Vreemde woorde wat verafrikaans word, word volgens die gewone Afrikaanse taalreëls gespel.
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
87% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties