4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 28-12-2018 (vlak 3)



vorige toets 28 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 28-12-2018 só ingevul:



Dr. Botha is 'n bekende ........ .


oor/neus/keelspesialis
24 % (afgerond)oor- neus- en keelspesialis
48 % (afgerond)oor-neus-en-keelspesialis 
27 % (afgerond)oor-, neus- en keelspesialis

In komplekse samestellings word die dele met koppeltekens geskei. Daar sou ook 'n koppelteken geskryf kan word tussen "keel" en "spesialis", maar dit is nie verpligtend nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Die woord "is" in die sin is 'n ........
Die gestorwe digter is tydens ’n lofrede verheerlik.



12 % (afgerond)skakelwerkwoord
50 % (afgerond)hulpwerkwoord
34 % (afgerond)koppelwerkwoord
5 % (afgerond)omskrywingswerkwoord 

Omskrywingswerkwoorde en koppelwerkwoorde kan met mekaar verwar word, omdat werkwoorde soos “is”, “was”, en “word” koppelwerkwoorde maar ook in die passief as omskrywingswerkwoorde kan optree, byvoorbeeld:
As koppelwerkwoord:
Rusland “is” gereed vir oorlog.
As omskrywingswerkwoord:
Die digter “is” tydens die lofrede verheerlik.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Sy het verlede jaar ........ met haar jeugliefde.


13 % (afgerond)die knoop deurgehak
40 % (afgerond)die knoop deurgehaak
46 % (afgerond)afgehaak 

Die uitdrukking "afhaak" beteken 'om met iemand te trou'; die uitdrukking "die knoop deurhak (met een a)" beteken 'deur ’n kragtige daad of besluit ’n probleem oplos'. Byvoorbeeld, die Haaie het die knoop deurgehak en deurgedring na die eindstryd.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die aartsbiskop van ........ (Engels 'Canterbury') is die geestelike hoof van die Kerk van Engeland en die belangrikste godsdienstige figuur in Groot-Brittanje.


13 % (afgerond)Kanterburg
61 % (afgerond)Kantelberg 
19 % (afgerond)Kantelburg
8 % (afgerond)Canterburg

Sommige plekname word verafrikaans, veral waar dit van historiese of godsdienstige belang is, soos hier waar dit deel uitmaak van die ampstitel van 'n kerklike figuur. Verwysing: http://af.wikipedia.org/wiki/Kerk_van_Engeland
Sien ook die bladsy Plekname.




TOTAALRESULTAAT:
40% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties