4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 31-12-2018 (vlak 1)



vorige toets 31 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 31-12-2018 só ingevul:



Frederic ........ in die geheim vir die opposisie.


97 % (afgerond)speur 
1 % (afgerond)speër
1 % (afgerond)speer

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik "speer" in plaas van die korrekte "speur".
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Is jy van ........ getik? Ek sal nooit so iets doen nie!


loikie
77 % (afgerond)lotjie 
22 % (afgerond)looitjie
1 % (afgerond)looikie

Alle woorde wat eindig op ʼn "d" of ʼn "t" kry "-jie" in die verkleiningsvorm (AWS 15.4).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.




Daar is tans 'n keuringsproses om persone te keur om deel uit te maak van 'n permanente nedersetting op ........ .


83 % (afgerond)Mars 
2 % (afgerond)mars
15 % (afgerond)Mars of mars

Die name van hemelliggame en sterrekundige stelsels begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Die woord "lam" in die volgende twee sinne is ’n ........ .
Ná die ongeluk is hy lam en moet hy ʼn rolstoel gebruik.
Die skaap het reeds een ........ .


82 % (afgerond)homoniem 
13 % (afgerond)homofoon
3 % (afgerond)antoniem
2 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld "lam" (‘van beweging beroof’) en "lam" (‘kleintjie van ’n skaap’).
Sien ook die bladsy Homonieme.




TOTAALRESULTAAT:
85% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties