4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 31-12-2018 (vlak 2)



vorige toets 31 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 31-12-2018 só ingevul:



Daar was vanjaar 'n opswaai in die ekonomie.
Wat is die woordsoort van "opswaai" in bostaande sin?


4 % (afgerond)bywoord
43 % (afgerond)werkwoord
11 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
42 % (afgerond)selfstandige naamwoord 

'n Selfstandige naamwoord verwys na 'n persoon, plek, saak, eienskap of gebeurtenis. 'n Mens kan dit uitken deurdat 'n mens 'n lidwoord ("'n" of "die") voor die woord kan sit en dat dit 'n meervoudsvorm het, byvoorbeeld “opswaai - die opswaai – opswaaie”. Die woord "opswaai" kan na gelang van die sin ook 'n werkwoord wees, maar nie in hierdie geval nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Sandra het vir haar 'n ........ vir middagete bestel.


25 % (afgerond)ham- kaas- en tamatiebroodjie
31 % (afgerond)ham-, kaas- en tamatiebroodjie
2 % (afgerond)ham/kaas/tamatiebroodjie
42 % (afgerond)ham-kaas-en-tamatiebroodjie 

In komplekse samestellings word die dele met koppeltekens geskei. Daar sou ook 'n koppelteken geskryf kan word tussen "tamatie" en "broodjie", maar dit is nie verpligtend nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.




Dawid sal gou bevorder word, want hy is 'n ........ werker.


97 % (afgerond)mededingende  
mededing
1 % (afgerond)mededingend
2 % (afgerond)mededingde

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Idioom: Elkeen ........ sy vrou op sy eie manier.


14 % (afgerond)groet
14 % (afgerond)komplimenteer
8 % (afgerond)bekyk
63 % (afgerond)soen 

Hierdie idioom beteken 'elkeen het sy eie wyse van optrede'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties