4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 31-12-2018 (vlak 3)



vorige toets 31 DES volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 31-12-2018 só ingevul:



Die skrywer het 'n toekenning ontvang vir sy hele ........ .


85 % (afgerond)oeuvre 
2 % (afgerond)oervre
4 % (afgerond)oeurvre
9 % (afgerond)oevre

Vreemde woorde behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm, ook in samestellings.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.




Voordat Willem die katvis teruggooi in die water, ........ die arme ding nog ʼn keer verwoed.



6 % (afgerond)snuif
66 % (afgerond)blaas 
1 % (afgerond)kwaak
27 % (afgerond)snork

Katvisse blaas, paddas kwaak, ratels snuif en renosters snork. (Bron: Die Afrikaanse Makro Gids - I Uys)

Sien ook die bladsy Dieregeluide.




Ellen is die koördineerder van die ........ .


3 % (afgerond)visuele kuns-program
1 % (afgerond)visuele kuns program
19 % (afgerond)visuele kunsprogram
78 % (afgerond)visuelekunsprogram 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "visuele" + selfstandige naamwoord "kuns") en ʼn selfstandige naamwoord "program".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Die minister van polisie is bekommerd oor die vlaag van misdaad wat die land teister.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "vlaag" in bostaande sin?


43 % (afgerond)abstrakte naamwoorde 
eiename
10 % (afgerond)soortname
47 % (afgerond)versamelname

Abstrakte naamwoorde is selfstandige naamwoorde wat abstrakte oftewel ontasbare dinge benoem, byvoorbeeld "vlaag", "godsdiens", "liefde" ens.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties