4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 01-01-2019 (vlak 3)



vorige toets 01 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 01-01-2019 só ingevul:



Die nuus volg binne enkele ........ .


1 % (afgerond)oomlike
5 % (afgerond)oomblike
2 % (afgerond)oomlikke
93 %oomblikke 

As ’n stam van ’n woord uitgaan op [a], [ε], [ͻ], [ә] of [œ] en ’n konsonant, word die konsonant in die afleidings verdubbel, byvoorbeeld “debatteer”, “detailleer”, “blikkie”, “beddens”, “kramatte”. Die woord "oomblik" bestaan histories uit twee stamme en val dus onder die reël.
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.




Migiel en sy vrou gaan gereeld deur fases; eens op 'n tyd het hulle bekend gestaan as die dorp se enigste towenaar en ........ .


13 % (afgerond)heks
28 % (afgerond)towenares
1 % (afgerond)towenaresse
58 % (afgerond)heks of towenares 

Twee vroulike vorms is hier moontlik. Die eerste een ("towenares") word gevorm deur die gebruik van die "-es"-uitgang, terwyl die ander ("heks") bloot geleer moet word.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.




Wie is die skrywer van die klassieke kookboek "Kos vir die kenner: ʼn Kookboek met meer as duisend goeie resepte"?


11 % (afgerond)Errieda du Toit
2 % (afgerond)C. Louis Leipold
63 % (afgerond)C. Louis Leipoldt 
26 % (afgerond)Erieda du Toit

Christiaan Frederik Louis Leipoldt (1880-1947) was 'n bekende joernalis, skrywer, dokter en fynproewer wat onder andere 'n aantal kosboeke geskryf het. Errieda du Toit is 'n hedendaagse koskenner, onder andere bekend vir haar betrokkenheid by kykNET se Kokkedoor- en Koekedoorreeks.
Bron: https://af.wikipedia.org/wiki/C._Louis_Leipoldt
Sien ook die bladsy Persoonsname.




'n ........ afvaardiging sal vandeesweek die land besoek om beleggingsgeleenthede te ondersoek.


12 % (afgerond)Sjinese
60 % (afgerond)Chinese of Sjinese
28 % (afgerond)Chinese 

Die 2017-AWS erken slegs die spelling "Chinese".
Sien ook die bladsy Verafrikaanste woorde.




TOTAALRESULTAAT:
60% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties