4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 02-01-2019 (vlak 2)



vorige toets 02 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 02-01-2019 só ingevul:



Niemand kan geweld in sport ........ nie.



12 % (afgerond)goed praat
1 % (afgerond)goed-praat
87 % (afgerond)goedpraat 

Die werkwoord "goedpraat" is 'n samestelling van die byvoeglike naamwoord "goed" en die werkwoord "praat". Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Hierna gaan die kopie na die kunstenaar sodat sy dit kan ........ .


4 % (afgerond)uitleg
91 % (afgerond)uitlê 
5 % (afgerond)uitlig

Die kappie word gebruik op klinkers in lang, oop lettergrepe om die klank te rek, byvoorbeeld "uitlê", "hê" en "môre".
Sien ook die bladsy Kappie.




Meer as 15 werkers het gehelp om die slagoffers ........ veiligheid te bring.



3 % (afgerond)in
38 % (afgerond)in of na 
2 % (afgerond)tot
56 % (afgerond)na

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Iemand (iets) word "in" of "na" veiligheid gebring, maar iets kan "met" veiligheid gedoen word.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Die winkel word van Woensdag tot Vrydag gesluit: ........ gaan gedoen word.


71 % (afgerond)voorraadopname
2 % (afgerond)voorraad opname
26 % (afgerond)Voorraadopname 
1 % (afgerond)Voorraad opname

Indien 'n volsin ná 'n dubbelpunt volg, word dit met 'n hoofletter geskryf. (AWS 13.19)
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.




TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties