4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-01-2019 (vlak 2)



vorige toets 04 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 04-01-2019 só ingevul:



As kind het ons kleilat gegooi en met ........ gespeel.


1 % (afgerond)dolose
3 % (afgerond)dollose
85 % (afgerond)dolosse 
12 % (afgerond)dollosse

Indien die laaste konsonantletter van ’n woord deur ’n kort, onbeklemtoonde [a] of [ɔ] voorafgegaan word, word die letter in die meervouds- of verkleiningsvorm verdubbel (AWS 11.28).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.




Idioom: ........ goed, alles goed.


91 % (afgerond)end 
1 % (afgerond)slegte
7 % (afgerond)iets
2 % (afgerond)niks

Die uitdrukking "end goed, alles goed" beteken '’n gunstige afloop vergoed alles'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Die kruisondervraging van die ........ word vanoggend in die Hooggeregshof in Kaapstad hervat.


3 % (afgerond)driedubbel moordverdagte
50 % (afgerond)driedubbele moordverdagte 
46 % (afgerond)driedubbele-moordverdagte
1 % (afgerond)driedubbeld moordverdagte

Die woord "driedubbele" is 'n byvoeglike naamwoord en word dus los van die daaropvolgende naamwoord geskryf.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Dié woordeboek ........ meer as 800 bladsye.



1 % (afgerond)betrek
2 % (afgerond)strek
reik
96 % (afgerond)beslaan 

Sommige woorde lyk soos sinonieme maar het verskillende nuanses of word verskillend gebruik. ʼn Mens moet gewoon hierdie woorde leer.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties