4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 04-01-2019 (vlak 3)



vorige toets 04 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 04-01-2019 só ingevul:



Die reg wat betrekkinge onderling tussen burgers reël, staan bekend as ........ .


5 % (afgerond)privaat reg
61 % (afgerond)privaatreg 
34 % (afgerond)Privaatreg
1 % (afgerond)Privaat Reg

"Privaat" is 'n byvoeglike naamwoord en word in die reël los van 'n selfstandige naamwoord geskryf. "Privaatreg" is 'n uitsondering.
Name van vakgebiede (soos privaatreg, wiskunde, bedryfsekonomie, ensovoorts) word nie verpligtend met 'n hoofletter geskryf nie.

Sien ook die bladsy Samestellings.




Die duiker se suurstof is amper op.
Onder watter subkategorie van die woordsoort val "suurstof" in bostaande sin?


52 % (afgerond)abstrakte naamwoorde
29 % (afgerond)massaname 
2 % (afgerond)maatname
17 % (afgerond)gasname

Massanaam is selfstandige naamwoorde wat eintlik nie getel kan word nie en neem meestal nie meervoud nie, byvoorbeeld "suurstof", "vleis", "goud". Party bronne onderskei tussen massaname en stofname.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die president is in die verkiesing deur die opposisie uit die ........ gelig.



59 % (afgerond)stoel
bed
1 % (afgerond)water
40 % (afgerond)saal 

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “uit die saal lig”; “'n beroep doen”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




Eerskomende Sondag word ........ gevier.


43 % (afgerond)Nagmaal
57 % (afgerond)nagmaal 

Die "nagmaal" is nie 'n amptelike kerklike feesdag (soos "Hemelvaartdag") nie en word daarom met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Feesdae.




TOTAALRESULTAAT:
47% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties