4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-01-2019 (vlak 2)



vorige toets 07 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 07-01-2019 só ingevul:



Die stroper steel perlemoen uit die reservaat.
Onder watter subkategorie van naamwoorde val die woord "stroper" in bostaande sin?


73 % (afgerond)soortname 
5 % (afgerond)versamelname
2 % (afgerond)massaname
20 % (afgerond)eiename

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "stroper", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die party het swak gevaar in die onlangse ........ .


32 % (afgerond)plaaslikeregeringsverkiesing 
2 % (afgerond)plaaslike regerings verkiesing
1 % (afgerond)plaaslike regering verkiesing
65 % (afgerond)plaaslike regeringsverkiesing

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord + selfstandige naamwoord) en ʼn selfstandige naamwoord, byvoorbeeld "hoëhakskoen", "plaaslikeregeringsverkiesing", "konstantesnelheidslasas".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Lodewyk het sy tafel ........ geskuur as die res van die groep.


2 % (afgerond)glader
gladdiger
gladagtiger
98 % (afgerond)gladder 

Wanneer "glad" in die vergrotende trap gebruik word, verdubbel die eindkonsonant en kry dit 'n bykomende "-er".
Ander voorbeelde sluit in:
"bot" word "botter"
"fris" word "frisser"
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Werner se vakansieplanne het in ........ gestort.


deie
98 % (afgerond)duie 
1 % (afgerond)dye

Die idioom "in duie stort" beteken 'misluk'. 'n Wynvaatjie bestaan uit duie (oftewel houtstawe) wat met hoepels vasgeklink word. As jy hierdie hoepels verwyder, stort die vaatjie ineen, dan stort dit met ander woorde in duie.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
75% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties