4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 07-01-2019 (vlak 3)



vorige toets 07 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 07-01-2019 só ingevul:



Ek sal die kwessie dadelik ........ sodat dit opgelos kan word.


56 % (afgerond)aanspreek
44 % (afgerond)aanroer 

"Aanspreek" is 'n anglisisme vir "address" en "aanroer" of "hanteer" is die korrekte woorde binne hierdie konteks.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




Idioom: Dit laat sy ........ kook.


koffie
water
99 % (afgerond)bloed 
1 % (afgerond)gal

Hierdie idioom beteken 'dit maak hom baie kwaad'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Ons was die naweek by die dieretuin; die kinders het veral die ........ geniet met die leeus en tiere.


1 % (afgerond)groot kat afdeling
3 % (afgerond)groot katafdeling
5 % (afgerond)groot kat-afdeling
91 % (afgerond)grootkatafdeling 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "groot" + selfstandige naamwoord "kat") en ʼn selfstandige naamwoord "afdeling".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Shaun se gesig is geswel waar hy geval het.
Wat is die woordsoort van "geswel" in bostaande sin?


13 % (afgerond)bepalende adjektief
47 % (afgerond)predikatiewe adjektief 
6 % (afgerond)adverbiale adjektief
34 % (afgerond)attributiewe adjektief

'n Attributiewe adjektief (oftewel byvoeglike naamwoord) staan gewoonlik voor die selfstandige naamwoord wat dit beskryf, byvoorbeeld “'n geswelde gesig”. 'n Predikatiewe adjektief staan gewoonlik na 'n koppelwerkwoord, byvoorbeeld "die gesig is geswel".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties