4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-01-2019 (vlak 1)



vorige toets 08 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 08-01-2019 só ingevul:



Jan het ingewillig om as voorsitter te dien.
Wat is die woordsoort van "ingewillig" in bostaande sin?



84 % (afgerond)werkwoord 
2 % (afgerond)voornaamwoord
8 % (afgerond)byvoeglike naamwoord
6 % (afgerond)selfstandige naamwoord

'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word, byvoorbeeld "inwillig - ingewillig".
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die ........ het die dief wat my selfoon gesteel het, tronkstraf opgelê.


2 % (afgerond)lantdros
39 % (afgerond)landros
2 % (afgerond)lantros
58 % (afgerond)landdros 

ʼn Samestelling ("landdros") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("land" en "dros") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word. Die woord "landdros" is afkomstig van die ou Nederlandse woord "landdrost" wat ‘geregsdienaar op die platteland’ beteken.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Heyneke Meyer was die afrigter van die ........ .


63 % (afgerond)Springbokke 
10 % (afgerond)springbokke
26 % (afgerond)Springbokke of springbokke

Spot- en byname van groepe of 'n lid van so 'n groep begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Die passasierskip vaar gereeld ........ die wêreld.



84 % (afgerond)om 
13 % (afgerond)oor
1 % (afgerond)in
2 % (afgerond)deur

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie, omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”. 'n Mens vaan "om" iets wat rond is, soos die "wêreld".
Sien ook die bladsy Kollokasies.




TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties