4208 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-01-2019 (vlak 2)



vorige toets 08 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-01-2019 só ingevul:



Die byvoeglike naamwoord "diffuus" se oortreffende trap is "mees diffuse" of ........ ?



16 % (afgerond)mees diffuusste
4 % (afgerond)meer diffuusste
69 % (afgerond)diffuusste 
11 % (afgerond)diffusste

Wanneer 'n byvoeglike naamwoord op 'n "s" eindig, word dié "s" nie geskrap wanneer die oortreffende trap gevorm word nie. Dit is dus "diffuus+ste". ("Diffuus" beteken 'verspreid'.)
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Daar is min skoolkinders wat vandag nog met die fiets skool toe ry.
Christine is viets uitgevat vir die dinee vanaand.
Die woorde "fiets" en "viets" in bostaande sinne is ........ van mekaar.


71 % (afgerond)homofone 
4 % (afgerond)antonieme
2 % (afgerond)sinonieme
23 % (afgerond)homonieme

Homofone is woorde wat dieselfde klink, maar in spelling en betekenis verskil. Die woord "fiets" verwys na 'n vervoermiddel; die woord "viets" beteken 'sjiek'.
Sien ook die bladsy Homofone.




Madiba was 'n politieke gevangene op ........ .


robeiland
1 % (afgerond)Robbe-eiland
99 % (afgerond)Robbeneiland 
robbeneiland

Geografiese name, byvoorbeeld van eilande, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.




Ons moes eerder opgetree het; nou is dit te laat.
'n Sinoniem vir die woord "eerder" in bostaande sin is ........ .


87 % (afgerond)vroeër 
juis
1 % (afgerond)aan die begin
12 % (afgerond)liewer

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "eerder - vroeër", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
82% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties