4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-01-2019 (vlak 1)



Geen vorige toets beskikbaar nie 14 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-01-2019 só ingevul:



Tydens die oorlog moes baie mense dinge ........ wat hulle vroeër as vanselfsprekend aanvaar het.


49 % (afgerond)ontbeer 
5 % (afgerond)ontbeër
46 % (afgerond)ontbeur

As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “ontbeur” in plaas van die korrekte “ontbeer”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Kerabo het die ........ antwoord gegee en wen dus die prys.


94 % (afgerond)korrekte 
4 % (afgerond)korrek
1 % (afgerond)korekt
2 % (afgerond)korekkte

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("korrek"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan. Die "t" word weens historiese redes voor die "e" geskryf.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




In die winter groei hier baie ........ .


4 % (afgerond)Vark-blomme
20 % (afgerond)Varkblomme
69 % (afgerond)varkblomme 
6 % (afgerond)vark blomme

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletters al is die eerste deel van die samestelling van die naam ’n eienaam, byvoorbeeld "varkblomme", "sederbergghwarrie", "zambezihaai" (AWS 9.7a).
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.




Hy het met sy hele ........ aan die tak gehang.


12 % (afgerond)geweeg
85 % (afgerond)gewig 
4 % (afgerond)gewug

Dit wat ’n mens "weeg", is jou "gewig". Die verlede tyd van "weeg" is "geweeg".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
74% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties