4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 14-01-2019 (vlak 2)



Geen vorige toets beskikbaar nie 14 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-01-2019 só ingevul:



James het die slagoffer na die aanval te hulp gesnel.
Onder watter subkategorie van selfstandige naamwoorde val die woord "slagoffer" in bostaande sin?


80 % (afgerond)soortname 
6 % (afgerond)versamelname
13 % (afgerond)eiename
1 % (afgerond)stofname

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "slagoffer", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die krieketspan ry met 'n ........ na hul bestemming.


22 % (afgerond)Mercedes Benztoerbus
45 % (afgerond)Mercedes Benz-toerbus
16 % (afgerond)Mercedes-Benztoerbus 
17 % (afgerond)Mercedes-Benz Toerbus

Eienaamverbindings as soortnaam of massanaamwoord waarin die eienaam as eerste lid optree, word slegs vas geskryf, met of sonder 'n koppelteken.
Sien ook die bladsy Eienaamsamestellings.




Ons is vanjaar nog ........ as verlede jaar met die goeie reën wat geval het.


85 % (afgerond)meer geseënd 
14 % (afgerond)geseënder
1 % (afgerond)meer geseënder

Die meeste woorde in Afrikaans vorm trappe van vergelyking met "-er" in die vergrotende trap en "-ste" in die oortreffende trap. Vir die woord "geseënd" word trappe van vergelyking egter met "meer" in die vergrotende trap en "mees" in die oortreffende trap gevorm.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Jy moet oppas dat jou houding jou nie in onguns ........ jou base bring nie.


6 % (afgerond)onder
14 % (afgerond)met
1 % (afgerond)vir
79 % (afgerond)by 

Die uitdrukking "in onguns bring by iemand" beteken om 'nie gewild te wees by iemand nie'. Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “rasend honger”; “in onguns bring met”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Bron: Voorsetselwoordeboek
Sien ook die bladsy Kollokasies.




TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties