4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-01-2019 (vlak 1)



vorige toets 16 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-01-2019 só ingevul:



Dis tyd vir my ........ wandeling.



68 % (afgerond)daaglikse 
13 % (afgerond)daagliks
8 % (afgerond)dagliks
12 % (afgerond)daglikse

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan.
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.




Die hemp het ’n hoë boordjie.
Om klein gaatjies mee te boor het jy 'n klein boortjie nodig.
Die woorde "boordjie" en "boortjie" in bostaande sinne is voorbeelde van ........ .



58 % (afgerond)homofone 
3 % (afgerond)antifone
7 % (afgerond)antonieme
31 % (afgerond)homonieme

Homofone is woorde wat dieselfde klink maar verskil in betekenis en spelling, byvoorbeeld "boordjie" en "boortjie", en “fonds” en “vonds”.
Sien ook die bladsy Homofone.




Jy's mos nou ’n ........ ; jy moet van beter weet.


74 % (afgerond)grootmens 
22 % (afgerond)groot mens
4 % (afgerond)groot-mens

Byvoeglike naamwoorde (soos "groot") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "mens") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




'n Sinoniem vir die woord "boks" in die volgende sin is ........ .
John het vir sy meisie 'n boks sjokolade vir Valentynsdag gegee.


7 % (afgerond)kis
71 % (afgerond)doos  
15 % (afgerond)blik
7 % (afgerond)houer

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties