4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-01-2019 (vlak 3)



vorige toets 16 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 16-01-2019 só ingevul:



Die Kaapstadse Filharmoniese Orkes het twee ........ en vier altvioliste.


8 % (afgerond)oboiste
13 % (afgerond)hoboiste
78 % (afgerond)hoboïste 
1 % (afgerond)hobo-iste

Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Ek hou daarvan om in ........ rond te snuffel; 'n mens kom baiekeer op iets interessants af.


81 % (afgerond)tweedehandseboekwinkels 
18 % (afgerond)tweedehandse boekwinkels
1 % (afgerond)tweede handse boekwinkels
tweede handse boek winkels

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "boek") en ʼn selfstandige naamwoord "winkel", byvoorbeeld "hoëhakskoen" en "ekonomieseklaspassasier".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




In die sterrekunde verwys ........ na die sterrebeeld "Ursa Major".


3 % (afgerond)groot Beer
90 % (afgerond)Groot Beer 
4 % (afgerond)groot beer
4 % (afgerond)Groot beer

Geografiese eiename, inklusief die name van sterre, planete en sterrebeelde, word met hoofletters geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




Jy kan nie die storie sommer vir ........ vertel nie; dit kan groot gevolge inhou as almal daarvan moet weet.


22 % (afgerond)dese en gener
13 % (afgerond)deser en gene
39 % (afgerond)dese en gene 
26 % (afgerond)deser en gener

Kollokasies is woordkombinasies wat dikwels saam gebruik word, maar nie vaste uitdrukkings is nie omdat die woorde se afsonderlike betekenis nie verander nie. Voorbeelde van kollokasies is: “dese en gene”; “met hart en siel”; “teen wil en dank” en “met raad en daad”.
Sien ook die bladsy Kollokasies.




TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties