4720 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 17-01-2019 (vlak 3)



vorige toets 17 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-01-2019 só ingevul:



Die huis is baie oud, ons moes sy skakelaars ........ .


1 % (afgerond)gebedraad
2 % (afgerond)hergebraad
2 % (afgerond)geherbedraad
95 % (afgerond)herbedraad 

Ná die hulpwerkwoord "moes" word die onverboë vorm van die werkwoord gebruik.
Sien ook die bladsy Verlede tyd.




Dis vandag ........ as gister.


3 % (afgerond)warmder
1 % (afgerond)meer warm
96 % (afgerond)warmer 

Waar sekere klanke in 'n woord (verkeerdelik) bygevoeg word, noem ons dit klanktoevoeging.
Sien ook die bladsy Invoeging van konsonante of vokale.




Bewyse van goeie maatskaplike diens kan gesien word in die ........ in toegang tot primêregesondheidsorggeriewe.


1 % (afgerond)reus verbetering
55 % (afgerond)reuseverbetering 
4 % (afgerond)reusverbetering
40 % (afgerond)reuse verbetering

Die woorddeel "reuse-" is nie 'n byvoeglike naamwoord nie, maar eerder 'n woorddeel van 'n selfstandige naamwoord. Om dit te bewys kan ons sien dat "reuse-" nie in die toets van 'n byvoeglike naamwoord val nie in die sin dat dit nie na 'n koppelwerkwoord kan staan nie. Byvoorbeeld, 'n mens kan nie sê die fout is "reuse" nie. Dit het ook nie trappe van vergelyking nie.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Die dorp was ........ aansienlik kleiner as wat dit vandag is.


des teids
1 % (afgerond)des tyds
99 % (afgerond)destyds 
desteids

Die woord "destyds" is 'n samestelling van die genitief (van die) "des" en "tyd" en word vas geskryf. Hoewel ons nie meer naamvalle in Afrikaans kry nie, kom dit nog in enkele vaste uitdrukkings voor, byvoorbeeld "destyds", "kind des doods" en "te gelegener tyd". Hierdie uitdrukkings moet gewoon geleer word.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




TOTAALRESULTAAT:
86% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties